Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hillcrest op pad na Superliga

Hillcrest op pad na Superliga
 
2006-09-14


DIE eerste span van Hillcrest United Rugbyklub het Saterdag op Pelikaanpark verseker dat hy nog net een hekkie moet oorkom op sy pad na bevordering na die Boland Superliga.

Hillcrest, wenners van die Presidentliga se Weskus-afdeling, het die wenners van dié liga se Platteland-afdeling, Black Leaves van Gansbaai oortuigend 23-17 geklop.

Hillcrest het alle fasette van die spel oorheers.

Die besoekers het egter eerste bloed geruik toe hulle eerste druk. Hul wedstrydwenner, die losskakel, het egter sy skopskoene in Gansbaai vergeet.

Skrumskakel Jacques Persence het hierna vir Hillcrest agter die pale gaan kuier met Conroy Gertse wat met die doelskop geslaag het.

Kort daarna het Hillcrest sy voorsprong verleng toe sy senter, André Andrews, die drie van die wedstryd gaan druk.

Gertse het weer verdoel en ook later met ’n strafskop geslaag, om die rustydtelling 17-5 te maak.

Die tweede helfte het beslis aan Black Leaves behoort, met Hillcrest wat baie ongedwonge foute begaan het. Die geluk was egter aan die tuisspan se kant aangesien Black Leaves se skoppers telkens nie die regoppale kon vind nie.

Hillcrest se losskakel, Jerome Coetzee, het sy eerste skepdoel van die jaar oorgesit.

Die besoekers het teruggeslaan met ’n doel en ’n drie om die telling 20-17 te maak. Gertse se strafdoel in die laaste minute het die sege verseel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za