Bok Joubert nou 'n Cheetah
2006-09-14
DIE Paarlse Springbok-rugbyspeler, Marius Joubert, verruil volgende seisoen sy Streeptrui vir ’n stel Cheetah-kolle.
Joubert wat al die afgelope vyf jaar vir die WP en Stormers speel, sal vanaf 1 Januarie 2007 by die Vrystaat Rugby-unie aansluit.
Hy is vir ’n jaar by die Bloemfontein-span gekontrakteer.
Joubert het die afgelope twee jaar min rugby gespeel weens beserings en ook gesukkel met sy spelpeil.
Die 26-jarige is egter oortuig dat die verandering van omgewing weer sy rugbyloopbaan op dreef sal help bring.
Joubert het ook sy dank aan die WP Rugby-unie en sy personeel uitgespreek vir hul ondersteuning.
Dié oud-Gimmie het sy rugbyloopbaan by die Boland begin waar hy van 1999 tot 2001 gespeel het.
More
News
|