Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland o.21’s steeds onkeerbaar

Boland o.21’s steeds onkeerbaar
 
2006-09-14


DIE o.21 rugbyspan van die Boland is aan die brand.

Die span het Saterdag weer sy oorheersing in die B-afdeling van die Absa o.21 kompetisie bevestig toe hy Saterdag vir SWD op Ceres 54-3 (12-3) vernietig het.

Die vleuel, Riedwaan de Bruyn van Saldanha, het weer eens beïndruk en twee keer agter die doellyn gaan kuier. Hy is tans die voorste driedrukker in die Liga met ses drieë in vier wedstryde.

Die Boland se wenresep is dat hy nie net dodelik op die aanval is nie, maar ook rotsvas staan in die verdediging.

Otto Luck (CPUT Rugbyklub) se visier was weer korrek ingestel en het ses van die agt drieë verdoel.

Hy het ook een keer self agter die doellyn gaan kuier om sy puntetotaal vir die dag op 17 te bring.

Die ander driedrukkers was Monray Liebenberg, Lionel Cornelius, Marnus Hugo, Chase Minnaar, Shane Jacobs en Denzil Vergotine.

Die Boland het ná vier wedstryde al ’n verbysterende 217 punte aangeteken, met slegs 34 punte teen hulle. ’n Totaal van 32 drieë is gedruk en drie teen hulle.

Nodeloos om te sê, is hulle ook die huidige voorloper in die B-afdeling.

Die Boland o.21-span speel Saterdag om 15:00 teen die Mpumalanga Pumas op Boland Stadion.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za