Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington maak reg vir krieketkampioenskap

Wellington maak reg vir krieketkampioenskap
 
2006-09-14


DIE Wellington Krieketklub vertrek Dinsdag na Pretoria vir die Nasionale Krieketklubkampioenskappe en die Bolanders sal hul storie moet ken as hul sukses wil behaal.

Klubspanne van die 12 provinsies sal in twee afdelings kragte meet.

Die Boland Kampioene bevind hulle in ’n tawwe poel, met heelwat sterk kompetisie.

Wellington skop Woensdag sy aanslag op die titel af, met ’n wedstryd teen sy WP-bure, Victoria Krieketklub.

Dié span bevat heelwat WP en Cobra-spelers onder andere, die paaltjiewagter en kaptein, Thami Tsolekile, en Rory Kleinveldt.

Die ander spanne in dié afdeling is die Universiteit Vrystaat (Vrystaat), Universiteit van Johannesburg (Gauteng), Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (OP) en Kempton Park Krieketklub (Oostelikes).

Die span van 13 spelers word deur Basie Basson afgerig, terwyl Piet Hanekom die span as spanbestuurder sal vergesel.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za