Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lifestyle diary

Lifestyle diary
 
2006-09-21


Sangaand: Die Johannesdal Evangeliekerk hou ’n sangaand Saterdag om 19:30 in die Fairyland-saal in die Paarl. Verskeie kore sal optree. Toegang is R8 (kinders R4). Navrae by 078-198-5035.

Kom lag saam: Die Sondagskool van Reach-out Ministries bied Sondag om 16:00 ’n lekkerlag verskeidenheidskonsert aan in die Colibrisaal, Wellington. Toegang is R10 (kinders R5).

Kindersorg: Vanaand om 18:30 hou Kindersorg Wellington & Distrik hul jaarlikse gemeenskapsvergadering by die Safmarine
Gemeenskapsaal in Coodestraat, Vanwyksvlei. Goedkeuring van die grondwet is op die agenda. Navrae by 864-1383.

Bybelskool: Die Kerk van die Nasarene in Groenheuwel, Paarl bied tydens die vakansie ’n Jeug Bybelskool aan. Alle laerskoolleerders word genooi om van Maandag 25 September aan die program deel te neem. Dit vind van 08:30 tot 12:00 plaas aan huis van Rose Arries, Calendalusingel 4.

Compassionate Friends: Hierdie is ondersteuningsgroep vir ouers (gesinne) wat ’n kind of kinders aan die dood afgestaan het. Hulle vergader elke eerste Donderdag van die aand om 18:00 aan huis van Carel en Rita Greyling in Groenleegte, Paarl. Die volgende vergadering is op 12 Oktober. Navrae by 872-3613 of 083-228-1162.
Woordbediening: Verryk jou geestelike lewe op 30 September om 15:00, wanneer Celesteal van Wyk by die Heilsleër in Bredastraat, Paarl optree.

Bejaardesorg: Die Wellington Bejaardesorgvereniging vier op 6 Oktober sy kwarteeu met ’n funksie in die stadsaal. Kaartjies is R100 per persoon by die sentrum.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za