Radiostasie verjaar
2006-09-21
RADIO KC vier Sondag sy 10-jarige bestaan met ’n lofdiens om 14:30 in die Immanuel VGK Kerk in die Paarl.
Die stasie het op 24 September 1996 begin uitsaai uit ’n ateljee in Klein Drakensteinweg. Dit was die inisiatief van Harlan Cloete en ’n groepie jeugleiers.
In Mei 2002 het die stasie dorp toe verskuif na sy huidige ateljee op Jan Phillipsplein.
Mense wat spesiale verjaardagboodskappe aan die radio wil stuur, kan dit by die kantoor afgee. Daar sal ook Sondag houers by die kerk wees.
More
News
|