Steinthal se kombuis brand
2006-09-21
DIE kombuis van die Steinthal Kinderhuis op Tulbagh, een van Badisa se ses kinderhuise, is verlede week in ‘n brand verwoes.
Die kinderhuis, wat voorheen onder die VGK se diakonale dienste geval het, versorg 150 kinders wat weens hul huislike omstandighede, soos alkoholmisbruik en gesinsgeweld, of gedragsprobleme uit hul ouers se sorg verwyder is.
Heelparty van die kinders kom uit Drakenstein: elf is van Paarl, sewe van Saron en een elk van Franschhoek, Gouda en Wellington.
Die kombuis is totaal verwoes. Die reuse potte, braaipanne, mikrogolfoonde, broodsnyers, kaste, eetgerei, ens is alles beskadig of vernietig.
Op die oomblik word een van die koshuise se klein kombuisies, sonder baie toerusting, gebruik om etes voor te berei.
U voorbidding en ondersteuning word gevra. Vir navrae, skakel Robin Furniss of Desire Joseph by (023) 230-1031 of steinthal@lando.co.za.
More
News
|