Jong evangalis beswyk
2006-09-21
’n JONG evangelis wat verlede week ernstig beseer is in ’n gru-ongeluk net buite die Paarl, is ses dae later aan sy beserings oorlede.
Romano Groenewald (22) het ’n groep tieners vanaf La Motte na die Paarl vervoer nadat hulle ’n kerkdiens bygewoon het, toe hy voorverlede Sondagaand beheer oor die voertuig verloor het onder die N1-brug by Boschenmeer.
Die motor het oor die verkeerseiland gerol en die brug getref. Natasha Manuel (17) is op slag dood, en Michelle Wildschut (15) het ’n dag later gesterf.
Romano, sy suster Simoné (16), Emmerencia Groenewald (17) en Everencia Johnson (16) is in die ongeluk beseer.
Romano is met ernstige kopbeserings na die Tygerberg hospitaal geneem, waar hy Saterdagaand oorlede is.
Romano se pa, pastoor Samuel Groenewald, het vertel dat sy seun reeds as sestienjarige ’n roeping ontvang het om evangelis te word, waarna hy skool verlaat het en opleiding as sendeling ontvang het. Hy het daarna by sy pa se kerk, Church on Fire, begin werk.
Romano word oorleef deur sy ouers, Samuel en Elizabeth, sy broer Theo (28) en sy suster Simoné.
Die begrafnis vind Saterdagoggend om 09:00 vanuit sy ouerhuis te Simfonielaan 237 plaas, en om 10:00 vanuit die Rehoboth Kerk, ook in Simfonielaan.
* A young Paarl evangelist died one week after being injured in a crash.
More
News
|