Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


`Dief' val hom dood

`Dief' val hom dood
 
2006-09-21


’n VERMEENDE dief is dood nadat hy verlede Saterdagoggend op sy kop geval het terwyl hy van die polisie probeer ontsnap het.

André Daniels (42) van Arendstraat, Wellington, is Sondag in die Tygerberg Hospitaal aan die hoofbeserings oorlede nadat hy in die vroeë oggendure van die vorige dag deur die plafon van ’n leë winkel in die Markpleinsentrum op Wellington geval het.

’n Sekuriteitsbeampte, Colin Cupido, het gesê dat hy omstreeks halfdrie die oggend sy rondes gedoen het toe hy op twee honde in ’n leë winkel afgekom het.

By nadere ondersoek het hy ’n man binne NJ Chemicals se perseel langsaan gesien.

Die deur van die leë winkel was volgens Cupido nie gesluit nie en die vermeende inbreker het vermoedelik daarvandaan deur ’n nou gaping in die muur toegang tot NJ Chemicals verkry.

Cupido het dadelik die polisie in kennis gestel. Met hul aankoms het die verdagte ’n dakpaneel oopgestamp en in die dak ingeklim.

Hy het kort daarna egter skielik kop eerste deur ’n dakpaneel in die leë winkel langsaan geval, vermoedelik na ’n epileptiese aanval.

Hy is met ernstige kopbeserings na die Tygerberg hospitaal geneem, waar hy Sondag oorlede is.

Volgens ’n winkeleienaar in die sentrum is dit die derde keer binne ’n maand is dat daar deur die dak ingebreek is by winkels in die sentrum.

* A Wellington man died after falling during an alleged burglary attempt at a local shopping centre.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za