Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pensionaris wreed vermoor

Pensionaris wreed vermoor
 
2006-09-21


DRIE jong mans is in hegtenis geneem na die wreedaardige moord op ’n saggeaarde bejaarde man in ’n woonstel in Paarl-Oos.

Dié grusame moordtoneel is Sondagoggend ontdek toe die lyk van Jackie Gordon (72) deur sy dogter, Emmerencia, gevind is.

Sy het die woonstel in Magnolia met haar pa gedeel, maar was die aand van die aanval nie tuis nie.

Toe sy die oggend 07:30 daar aankom, het hy nie oopgemaak nie.

’n Rusbank was aan die binnkant van die voordeur geplaas, en sy het gesukkel om toegang tot die woonstel te kry. Dit is eers toe dat sy op die lyk van haar pa op die sitkamervloer afgekom het.

Sy hande en voete was vasgebind, sy oë toegebind en ’n kous is in sy mond gedruk, voordat hy oënskynlik deur sy aanvallers verwurg is.

Die slaapkamer was in totale chaos gedompel soos dit omgekeer is, vermoedelik op soek na geld. Die aanvallers het blykbaar deur die kombuisvenster gevlug.

Gordon het vir 44 jaar lank as kelder-assistent by die KWV gewerk, en het sy pensioen aangevul deur aartappels en sigarette vanuit sy woonstel te verkoop.

’n Familielid het gesê dat hy reeds ’n geruime tyd gelede vir Gordon gewaarsku het oor die gevare van ’n tuisbesigheid, maar hy was vasberade om op sy ou dag besig te bly.

“Nou het dit sy dood gekos,” het die familielid gesê.

Jackie het nie gerook of gedrink nie, maar hy het ’n groot versameling KWV wyn gehad wat sy trots was. Die meeste hiervan is tydens die aanval gesteel.

Stuart Hendricks (18) wat in dieselfde woonstelgebou woon, is reeds Sondag in hegtenis geneem in verband met die voorval, en Dinsdag is Claudio Herdien (24) en Angelo Hartog (20) gearresteer.

Gordon se begrafnis is Saterdag om 11:30 vanuit die VGK Huguenot.
* A pensioner was murdered in his Paarl East flat on Saturday night.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za