Albions baklei hard vir sege
2006-09-21
DIE rugbymanne van Albions moes Saterdag in ’n wegwedstryd alles uithaal om Noordelikes 23-20 te klop.
Die besoekers het die voortou geneem toe Dominic Daniels (losskakel) met twee strafdoele geslaag het.
Twee nuwe insluitings in die span, die vleuels Christopher Kainda en Wayden van Rooyen, het ook geblink.
Dit was ook Kainda wat vroeg in die wedstryd ná ’n lopie van 50m langs die kantlyn af, Albions se eerste drie druk.
Daniels se doelskop het die rustydtelling 13-3 gemaak.
Die besoekers het in die eerste helfte sy staatmaker-slot, Roderick Allies, weens ’n kuitbesering verloor.
Sy plek is egter goed volgestaan deur die ‘veteraan’, die 46-jarige Desmond Davids.
Noordelikes het egter goed teruggeveg in die tweede helfte en nadat Albions weer met ’n strafdoel slaag, is die besoekers slegs 16-10 voor.
Albions se lostrio was weer ’n groot doring in Noordelikes se vlees en Jenovan Cornelissen is met ’n drie beloon.
Daniels se doelskop was weer in die kol.
Albions II en III het 39-3 en 15-14 verloor.
More
News
|