Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland atletiek woel reeds vroeg

Boland atletiek woel reeds vroeg
 
2006-09-21


DIE internasionale atletiekseisoen het die afgelope maand tot ’n einde gekom, maar Boland Atletiek is reeds gerat om nuwe talent vir die komende seisoen uit te snuffel.

Tien atlete van die Boland was tydens vanjaar se IAAF Wêreldbeker Finaal, die Afrika Kampioenskap en die IAAF Wêreld Juniorkampioenskap in aksie.

Boland Atletiek het die afgelope seisoen besonder goed gevaar deur meer as 60 medaljes op nasionale vlak en meer as 30 medaljes op internasionale vlak te verower.

In ’n poging om al vroeg hul hekkies in plek te kry, bied Boland Atletiek op 7 en 14 Oktober twee Talent Identifiseringbyeenkomste aan vir Baan en Veld op Daljosafat Stadion.

Die Boland-keurders sal die prestasies wat by die byeenkomste gelewer word, fyn dophou en die beste atlete sal genooi word om aan die Parmalat Paul Roos Uitnodigingsbyeenkoms deel te neem wat op 27 Oktober op Coetzenburg gehou sal word.

Die langtermyn doel van dié byeenkomste is om atlete te oormerk vir volgende jaar se groot internasionale byeenkomste.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za