Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aksie om vergete plaasskole te help

Aksie om vergete plaasskole te help
 
2005-04-28

Susan Botha

“ONS plaasskole is op die oomblik niks anders as vergete skole nie!”
Só sę dr Jurie Joubert van die Wellington kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT).

Hy het met Paarl Post gesels oor die Plaasskoleprojek wat deur kampus aangepak is.

Die projek fokus op wiskundige vaardighede van leerders en dr Joubert het onder meer R50 000 van Santam ontvang vir navorsing.

Die projek konsentreer op ses laerskole in die Wellington-omgewing: Wamakersvallei, Voor-Groenberg, Blouvlei, Bergrivier en Groenberg.
’n Totaal van 886 leerders en 26 onderwysers is betrokke.

Dr Joubert beskryf landelike skole as unieke skole waar kinders elke dag nuwe kennis moet opdoen, vaardighede aanleer en waar onderwysers skoolhou met meer as een graad in die klas.

“Só ’n onderwyser sit dikwels met tot drie grade in een klas, asook al agt voorgeskrewe leerareas - dit terwyl hulle weinig of geen opleiding vir die multigraad-situasie ontvang het nie.

“In die Wes-Kaap is ’n volwaardige intervensie gevestig, wat beteken dat daar deurlopend ondersteuning aan onderwysers is om onderrig en leer in die klaskamer te verbeter.

“Die intervensie strek oor nege maande waartydens ’n groep multigraadskole saam ’n reeks opleidingsgeleenthede deurloop.

“Aan die einde van die opleiding verwerf onderwysers ’n multigraadsertifikaat van 40 krediete soos deur die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie uitgereik.”

Die doel is om opleiers en onderwysers opleiding te gee in die gebruik van ’n hulpbron-pakket wat aan alle klasse in die geselekteerde plaasskole gegee word om te dien as leer-brug om hoofrekene te ontwikkel.

Hierdie program sal onderwysers toegang gee tot deeglik nagevorsde metodologie en sal hopelik lei daartoe dat leerders beter presteer in wiskunde.

Uiteindelik sal leerders in staat wees om probleme op te los as gevolg van ’n konsepsuele begrip van wiskunde.

Leer-brűe is aktiwiteite wat leerders help om ’n verbintenis te maak tussen werklike ondervinding en die gebruik van konkrete materiaal en abstrakte, simboliese denke.

Dr Joubert sę hulle hoop die program kan mense help om weg te breek uit die kringloop van ongeskoolde arbeid en die gevolglike armoede op plase.

“Onderwys moet leerders ontwikkel wat kan lees, skryf en optel.”
Die onderwysstudente van Wellington is direk betrokke by die program, maar die nood van die plaasskole het ’n impak op die breë studentegemeenskap.

“Ons kan nie toelaat dat hierdie kinders se drome aan skerwe lę nie. Hulle verdien beter,” sę die studenteraad in ’n voorlegging.

’n Gedeelte van die geld wat tydens Karnavalweek ingesamel word, word gebruik vir die plaasskoolprojek.

Hulle wil die skole en hul kinders op sosiale, maatskaplike en akademiese gebied ontwikkel en ondersteun.

Verlede jaar het die studente probeer om ’n verbintenis met die skole op te bou.

Hulle het hoofsaaklik gekonsentreer op die menslike behoeftes van die kinders, soos kos en klere.

Hulle het ook skenkings aan die skole gemaak. ’n Totaal van sowat R10 000 is bestee.

Wat is die belangrikste probleme wat nog aangespreek moet word en hoe moet dit aangespreek word?

“Armoede is so omvangryk in Suid-Afrika dat dit ondenkbaar is dat ’n mens hier kan leef sonder om kontak te hę met mense wat in uiterste armoede leef.

“Die grootste gros arm mense woon op die platteland - in die meeste provinsies is dit tussen 50% en 60% van die inwoners.

“Die meerderheid van die kinders en ouers van die landelike skole leef tans nog in omstandighede wat min verander het sedert 1994.
“In hierdie ‘vergete’ skole is die vaardigheidsvlakke in veral wiskunde en lees baie laag.

“Die kinders in die skole is minstens twee tot drie jaar agter hule maats in ander skole.”

Swak gesondheidstoestande soos oogprobleme, wan- of ondervoeding en fetale alkoholsindroom skep ook probleme.

“Die staat se voedingskema is van groot hulp, maar dit is vir sommige leerders die enigste ete per dag en daarom is dit net nie voldoende om alle kinders genoegsaam te voed nie.”

Ongeletterdheid van ouers is in sekere gebiede so hoog soos 80%. Dit veroorsaak tuis ’n legio ondersteuningsprobleme vir die leerders.
Dr Joubert sę organisasies, groepe en staatsdepartemente van oor die hele spektrum van die samelewing behoort ’n gesamentlike fokus en strategie te ontwikkel om hierdie “vergete” status tot ’n “gekoesterde” een te omskep.

Onderwysers is professioneel en opgelei vir die onderrigtaak. Dit is egter sosio-ekonomiese en maatskaplike probleme wat hulle kortwiek.

“In hierdie moeilike situasie het onderwysers eerstens baie motivering en ondersteuning nodig.

“Neem die skooltjies en onderwysers aan - wees vriende vir hulle.
“Toon u belangstelling deur te bel, te skryf, besoek af te lę, ietsie te stuur, ondersteuning aan te bied of net na hulle te luister.”

Hulp word dringend benodig vir die oplossing vian probleme met skoolgereedheid, syfervaardigheid en geletterdheid.

Geletterdheidsopleiding vir voorskoolse kinders en ouers is ’n groot behoefte.

Beskikbaarstelling van boeke en tydskrifte, in die kinders se moedertaal, is baie belangrik.

“Landelike multigraad-skole is ’n realiteit wat ’n deel van die onderwysstelsel van Suid-Afrika sal bly,” meen dr Joubert.

“Die grootste uitdaging vir dié onderrig is daarin geleë dat weggebreek moet word vanuit die spiraal van armoede waarin geslagte van ongeskoolde arbeiders in armoede vasgevang is.

“Liefde is die enigste krag wat ons by die samewerking en oplossings sal uitbring.”



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za