Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Spesiale werkswinkel vir akteurs

Spesiale werkswinkel vir akteurs
 
2006-09-21


“EK het ‘n ongelooflike passie vir my studente,” sê Shareen Swart, oftewel Katinka van 7de Laan.

Van 4 tot 6 Oktober kan plaaslike belangstellendes een van haar werkswinkels beproef.

Paarliet Sophia Passerini, wat die vroulike hoofrol vertolk in Faan se Trein, het self ‘n TV-les geloop by Shareen. Sophia het net daar besluit dat haar studente van Break-a-leg dramaskool ook ‘n kans moet kry en verder help sy reël aan hierdie wonderlike geleentheid.

Die werkswinkel behandel kamera-tegniek, oudisies, basiese elemente van toneelspel en hoe om ‘n teks gemaklik te kan bemeester. Hierdie werkswinkel is ontwikkel vir laerskoolkinders vanaf die ouderdom van 10 jaar, tieners tot en met 18 jaar en jong volwassenes vanaf 19 tot 35 jaar. Maar as jy ‘n ma of ‘n pa is en ook wil weet of jy talent het, is daar vir jou ook geleentheid.

Alle deelnemers kry die geleentheid om voor die kamera op te tree en in terugvoer te sien. Jy mag oorweeg word vir professionele oudisies.

Belangstellendes kan Jackie gerus kontak by 084-763-4444 of e-pos by jackieo@polka.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za