Voorgeskrewe werk vir matrieks
2006-09-21
VOOR die finale graad 12-eksamens hul opwagting maak, het leerders nog ’n laaste geleentheid om hulself voor te berei en hul kennis te verskerp met die Op-Let Lente-simposium van 25 tot 29 September by die Baxter Studioteater.
Dit is ’n opwindende interaktiewe bespreking, met gedramatiseerde sketse, van voorgeskrewe werk spesifiek daarrop gemik om graad 12-leerders vir die eksamen voor te berei. Een voorgeskrewe werk word per 90 minute sessie in detail bespreek, met ’n fokus op handeling, temas, simbole, motiewe, ruimte, tyd en karakters.
Die Op-Let Lente-simposium word aangebied deur literêre-skrywer, regisseur en grafiese ontwerper, Monique Antigone Seigels, en verhoogkunstenaar, dramaturg en literêre-skrywer, Zenobia Kloppers.
Voorgeskrewe werke vir sowel Afrikaans Eerste en Tweede Taal word behandel, en behels Die Keiser, Periandros van Korinthe, Kringe in æn Bos, Toorberg, Die verdwyning van Mina Afrika, en Feesmaal kortverhale.
Skole en die publiek kan hulle plek vir die Op-Let Lente-simposium bespreek by 082-956-1336,685-6575 of oplet@seiklo.co.za.
More
News
|