Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skool kry tennisbane

Skool kry tennisbane
 
2006-09-21


BY Dalweide Primêr in Groenheuwel het ’n stootskraper van boukontrakteur Jacques Huyshamer die terrein langs die rugbyveld gelyk gestoot ter voorbereiding vir die bou van twee tennisbane vir die skool.

Tans word die fondament van die twee tennisbane gegrawe. Dalweide was bevoorreg om befonds te word deur die Nasionale Lotery Distribusie Trustfonds (Lotto).

Reeds aan die begin van 2004 het skoolhoof Ernest Johannes namens die skool aansoek om fondse by die Lotto gedoen. Dit was vir verskeie opgraderings-projekte en verbeterings aan die sport-infrastruktuur van die skool.

In middel 2005 is sekere gekose projekte vir befondsing goedgekeur. Dit het sporttoerusting, ’n klimapparaat by die junior-blok, en die bou van die twee tennisbane met oop pawiljoene ingesluit.

Dié tennisbane sal ’n eerste wees vir die Groenheuwel en Dalvale gemeenskap. Opvoeders en kinders is reeds opgewonde oor die nuwigheid by die skool.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za