Daar is nog eerbares
2006-09-21
DAAR is nog eerlike, eerbare mense in hierdie wêreld. Dit het ek geleer toe ek Sondag 10 September my beursie in Paarl Mall se manstoilette vergeet het.
Ek het hoogs ontsteld my na ’n sekuriteitsbeampte gewend en toe ons by die inligtingskiosk kom, wag my beursie daar, ongeskonde.
Ek wil net die jong man wat my beursie daar ingelewer het, op die skouer klop vir sy bedagsaamheid en eerlikheid. Die Here is nog daar vir ons.
Cor van Vuuren
More
News
|