Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog 'n kosplek loop deur

Nog 'n kosplek loop deur
 
2006-09-28


TEN spyte van hoë sigbare polisiëring oor die afgelope naweek het nog ’n gewapende roof by ’n kosplek in die Paarl plaasgevind.

Die ongelukkige slagoffer was St Elmo’s Pizzaway in die Hoofstraat.

Die voorval het Sondagoggend plaasgevind, terwyl die personeel besig was om voor te berei vir die dag se bedrywighede.

’n Bestuurder van St Elmo’s, Marileen Esterhuizen, het gesê dat sy en mede-bestuurder, Eric Oosthuizen, by die toonbank besig was toe drie mans die restaurant binnegekom het.

“Ons het nog probeer verduidelik dat ons eers 11:00 oopmaak, toe pluk hulle ’n pistool uit en dreig ons.

“Al die personeel is nader geroep en beveel om hul selfone te oorhandig. Hierna het hulle vir my met die pistool in die ribbes gedruk en beveel om die kluis oop te sluit.”

Al die naweek se inkomste is uit die kluis gesteel, want die banke was weens die vakansiedag nie oop nie.

Die diewe het vir Eric, Marileen en die res van die personeel in ’n klein kleedkamer toegesluit voordat hulle gevlug het.

Een van die personeellede het sy selfoon versteek tydens die rooftog en so is die polisie gekontak.

Eric het gesê dat die belangrikste vir hom is dat niemand tydens die aanval beseer is nie.

“Die veiligheid van my personeel is die heel belangrikste.”

Een man is in Kuilsrivier in hegtenis geneem in verband met die voorval en die polisie verwag binnekort nog in-hegtenisnames.

Voorverlede naweek was daar ook twee gewapende rooftogte by besighede in die Paarl.

Achmad Mohammed, eienaar van Bakermann’s Bakery in Jan van Riebeeckrylaan, is beroof en ontvoer toe hy in die vroeë oggendure sy winkel oopgesluit het. Hy is van R45 000 beroof, asook van sy groen BMW.

’n Paar dae hierna is die bestuurder van die Dros, Lloyd Raubenheimer, in Suider-Paarl deur drie mans in die restaurant se kantoor aangeval en van sowat R7000 beroof.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met dié voorvalle nie, maar die polisie kyk na die moontlikheid dat daar ’n verband tussen hulle is.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za