Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees 'n treffer

Fees 'n treffer
 
2006-09-28


CULTIVARIA was ’n klinkklare sukses - dít is die oorweldigende reaksie wat ’n mens kry oor die afgelope naweek se fees wat groot getalle na die Paarl gelok het.

Sewe vertonings was uitverkoop: David Kramer, Laurika Rauch, Chris Chameleon, Tydloos, Mozart se Requiem en die Kersfeeskonsert.

Daar is ook heerlik gekuier in die Faurestraat-stadion waar die kosstalletjies was, terwyl daar ’n hele paar duisend mense Vrydagaand opgetrek het vir die konsert van Mafikizolo en Jamali by Bolandpark-krieketstadion.

Weliswaar was daar ’n paar windjies wat uitgevryf sal moet word, maar soos by enige baba (fees) is dit maar deel van die grooword-proses.

“Ek gaan Vrydag terug Gauteng toe met ’n lied in my hart,” sê Hennie Smit, feeskonsultant en ’n man met 48 jaar se ervaring in feesbestuur en die kunstenaarswêreld.

“Cultivaria het die Paarl trots gemaak. Dit het die mense van die Paarl trots gemaak.”

Hennie lyk moeg, maar tevrede: “Ek dink dit was ’n baie groot sukses.

“Dit is soos ’n trifle: hier en daar moet daar minder kersies wees en party plekke moet die neute uitgehaal word.

“Maar hierdie is ’n fees wat net van krag tot krag kan gaan.

“Die karakter moenie verander nie - die resep moet dieselfde bly. As die organiseerders ook miskien hier en daar misgevat het, is daar net geleentheid om volgende jaar raak te vat.”

Op ’n meer praktiese noot: “Dit was wonderlik dat daar geen onaangename voorvalle was nie.

“Ek dink die polisie en die verkeersafdeling het nooit geslaap nie. Dankie, ons het dit raakgesien.

“Die Munisipaliteit se betrokkenheid was onbeskryflik,” gaan hy voort met sy pryslysie.

Oor feesdirekteur Gerhard Meyer sê hy: “Hy behoort ’n baie groot pouveer in sy hoed te steek. Hy is ’n beskeie mens, maar wat ’n visie om dit alles te kon sien!”

Anthony Sauls, woordvoerder van die Munisipaliteit, sê dit is te verstane dat ’n eerste fees groeipyne sal hê, met “aanvaardingsprobleme”, soos hy dit stel.

“So ’n fees kan net positief wees en almal in die gemeenskap behoort te verseker dat dit ’n werklike gemeenskapsfees word wat almal se voorkeure dek.”

Burgemeester Charmaine Manuel het Donderdagaand, tydens die feesdinee in Hoofstraat, gesê die fees is ’n geleentheid om die gemeenskap te verenig.

“Die gemeenskap sal, wanneer hulle daaraan begin gewoond raak, meer betrokke raak,” was Hennie se kommentaar oor beweerde ongelukkigheid uit sekere oorde.

Dit is reeds bewys in die grootmoedige optrede van twee plaaslike skole: Noorder-Paarl en New Orleans het hul matriekafskeide geskuif om die stadsaal beskikbaar te stel vir die fees.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za