Duitse kerkbasaar
2006-09-28
SATERDAG hou die Lutherse gemeente in die Paarl weer Duitse kerkbasaar in Meulstraat van 09:00 (die vars produkte is reeds van 08:00 beskikbaar).
Diegene wat nog nie daar was nie, moet dit belewe, want daar is ’n anderse atmosfeer met ’n koektafel wat kreun van die heerlike Swartwoudkoeke, kontinentale-styl terte en koeke, en ook “Proudly South African” gebak en poedings.
Die ellelange vleistafel is gelaai met Bratwurst, Leberwurst, Sülze en ook vleissnitte. Daar is ook die naaldwerktafel, ’n plantstalletjie en ’n verhoog gelaai met boeke.
Kom kyk wat is ’n Bastel-tafel - kom koop en geniet! Bring die kinders saam, want daar is kinderpret en Tombola, koeldrank en lekkergoed. Vir pa en ma is daar wafels en koffie, gaar Bratwurst middagete en ja natuurlik Bier, Bowle en die Duitse Gemütlichkeit...
More
News
|