Eisteddfod is tien
2006-09-28
DIE Paarlvallei Eisteddfod het onlangs sy tienjarige bestaan gevier tydens sy jaarlikse prysuitdeling in die Paarlse stadsaal.
In 1996 het die destydse Paarl Skole Kultuurvereniging en die Paarl Eisteddfod saamgesmelt.
Die eerste voorsitter was Vaughan Pietersen, van 1996 tot 2002. Daarna het Abré Wentzel oorgeneem tot 2004. Op die oomblik is die leisels in Broidy Ortell se hande.
Vanjaar het die eisteddfod en die Prinsipale Vereniging ’n proeflopie gehad deur hul koorafdelings saam te smelt en die geleentheid saam aangebied.
More
News
|