Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dramaklas

Dramaklas
 
2006-09-28


VAN 6 tot 8 Oktober kan belangstellendes Shareen Swart, oftewel Katinka van 7de Laan, se drama-werkswinkels beproef.

Die werkswinkel behandel kamera-tegniek, oudisies, basiese elemente van toneelspel en hoe om ‘n teks gemaklik te kan bemeester. Hierdie werkswinkel is ontwikkel vir laerskoolkinders vanaf die ouderdom van 10 jaar, tieners tot en met 18 jaar en jong volwassenes vanaf 19 tot 35 jaar.

Maar as jy ‘n ma of ‘n pa is en ook wil weet of jy talent het vir hierdie industrie, bied hierdie werkswinkel van die fees jou ook daardie geleentheid!

Alle deelnemers kry die geleentheid om voor die kamera op te tree en in terugvoer hom/haarself te kan sien. Belowende talent mag oorweeg word vir professionele oudisies by produksiehuise!

Belangstellendes kan Jackie gerus kontak by 084-763-4444 of e-pos by jackieo@polka.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za