Mallies sing
2006-09-28
DIE gewilde Mallies le Roux en sy orkes, met Ian Visser op lead kitaar en Tersius Nimb op baskitaar, lewer ’n vertoning op Saterdag 7 Oktober om 20:00 by die Aan de Braak Teaterkafee op Stellenbosch.
Mallies en sy orkes se vorige vertoning by dieselfde teaterkafee was heeltemal uitverkoop en dit is op openbare aandrang dat hulle nou terugkeer vir die ongelukkiges wat nie kon kaartjies kry vir die eerste vertoning nie.
Hierdie konsert word ten bate van Stellenbosch se DBV gehou. Saam met die musiek en eetgoed word van Stellenbosch se bekendste wyne teen kelderprys aangebied om die fondsinsameling vir die DBV ’n verdere hupstoot te gee.
Navrae by Christine (Aan de Braak, 082-335-3105).
More
News
|