Tyrone stal uit
2006-09-28
GEDURENDE September en Oktober bied die Sanlam Kunsgalery in Bellville ’n besondere oorsigtentoonstelling van werke van die skilder Tyrone Appollis aan.
Appollis is een van die Wes-Kaap se veelsydigste skilders wat al drie dekades lank sy gemeenskap verbeeld met ’n eiesoortige benadering wat die patos en humor, lyding en vrolikheid na vore bring.
Die tentoonstelling getiteld “Vandag en Gister” omvat ’n wye keur uit Appollis se skilder- en beeldhoulewe. Dit duur tot 12 Oktober by Sanlam se hoofkantoor. Meer inligting van die kurator, Stefan Hundt, by 947-3359.
More
News
|