Noot vir Noot in die Paarl
2006-09-28
DIE gewilde Noot vir Noot Roadshow is op 14 Oktober in die Paarl met ’n vertoning om 19:30 in die Polisiekollege ouditorium.
Stemmburg Televisie het twee jaar gelede, in samewerking met SABC2 en die borg van Noot vir Noot, ABSA, ’n konsertweergawe van Suid-Afrika se gewilde en langslopende televisiespeletjie ontwikkel en op toer deur die land geneem.
Dit was ’n wegholsukses.
Hierdie verhoogweergawe van die televisieprogram word net soos op televisie deur Johan Stemmet aangebied.
Johan van Rensburg en die Musiekfabriek is ook daar om die musiekleidrade te speel en 'n bekende gaskunstenaar te begelei.
Deelnemers vir elke speletjie word lukraak uit die gehoor geselekteer en groot kontantpryse kan gewen word.
Daar is ’n groot skerm op die verhoog sodat almal in die gehoor deurentyd betrek word en almal om hulle kan beïndruk deur saam te speel!
Bespreek by Annette, 981-5010. Navrae by Christopher, 082-895-5093.
More
News
|