Standards se fees bederf
2006-09-28
DIE rugbyspan van Albions het Saterdag verhoed dat Young Standards sy 115de verjaardagfeesviering op ’n hoogtepunt afsluit, toe hy dié span in die feeswedstryd 13-9 gewen het.
Standards begin goed en loop halfpad deur die eerste helfte 9-0 voor, danksy drie strafdoele deur Enrico Davey.
Albions veg egter terug en druk kort voor rustyd sy eerste onverdoelde drie deur Wayden van Rooyen om die rustydtelling 9-5 te maak.
Albei spanne het goeie aanvallende spel gelewer, maar geleenthede om punte aan te teken is deur swak besluitneming in die wiele gery.
Volgehoue druk deur Albions lei tot sy tweede drie deur Christopher September en verseker dan ook dat hulle vir die eerste keer in die wedstryd die voortou neem, met 10-9.
Met die tyd wat uitloop, slaag Albions se losskakel, Dominic Daniels, met ’n strafdoel om die eindtelling op 13-9 te maak.
Die Paarl veterane-span met Thinus Linee en Ivor Jacobs aan die spits, was te sterk vir die veterane-span van Standards en wen 10-5.
Hoewel Standards hard probeer het, was die ervaring van die Paarl-span te veel, met Linee en Jacobs wat vir Paarl druk.
Standards se enigste drie is deur Angus Lewis gedruk.
Ander uitslae: (o.12) Allandale k Young Standards 7-0, (o.14) Young Standards k Young Peoples 32-5, (o.16) Young Standards k Violets 22-7, (derde span) Young Standards k Albions 15 -9, (tweede span) Young Standards g Albions 0-0, (veterane) Paarl k Young Standards 10-5. Allandale k Riverstones 35-0, Windmeul k Young Peoples 33-12, Laer Paarl k Violets 19-8.
Die volgende spelers is na afloop van die feeswedstryde aangewys om as ’n gekombineerde span ’n voorwedstryd op Nuweland te speel. D Apollis (Windmeul), E Davey (Standards), C Demas (Windmeul), E Arendse (Standards), L du Preez (Albions), F Floris (Windmeul), M Solomons (Laer Paarl), R Davids (Laer Paarl), M Pietersen (Albions), J Williams (Windmeul), R Jordaan (Laer Paarl), D Daniels (Albions), B Arendse (Standards), A Raubenheimer (Albions), H Africa (Allandale), H Kunene (Albions), J Cornellissen (Albions), D Samuels (Windmeul), F van Neel (Riverstones), C Williams (Standards), M Green (Laer Paarl), H Green (Riverstones), M Brown (Standards), D Jacobs (Windmeul), B Hendricks (Albions), L Lewis (Standards), G Davids (Laer Paarl), H Marquard (Violets), H Goliath (Standards).
More
News
|