Plaas dalk ontwikkel
2006-09-28
‘n NUWE aftree-oord van 179 eenhede word beplan op ‘n perseel van sowat 15 hektaar op die hoek van Hoof- en Retiefstraat in Noorder-Paarl (eiendom van die Redelinghuys familie).
Die aansoek om hersonering, onderverdeling en vergunningsgebruik van erwe 8724 en 77 word tans geadverteer vir besware.
Die erfgroottes in die aftree-oord sal wissel van 220 tot 352 vierkante meter (‘n digtheid van sowat 19 eenhede per hektaar).
Die bestaande plaashuis op hierdie gedeelte van die plaas sal omskep word in ‘n hoësorgkliniek en eetsaal.
Daar word ook 12 selfsorg-gastehuisies in die wingerd beoog, in die deel van die ontwikkeling wat aan Hoofstraat grens.
Die eiendom is tans gesoneer vir landbougebruik en word ontwikkel deur Gideon Louw. Besware, indien enige, moet die munisipaliteit teen 30 Oktober bereik.
More
News
|