Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Was dit diskriminasie of nie?

Was dit diskriminasie of nie?
 
2006-09-28


’n PAAR weke gelede het ek my driekwartbed grootte sponsmatras met baie moeite vanaf my strandhuis te Kleinmond gebring en my matriekseun gevra om dit skoon te maak.

Ek het dit in my Kombi gelaai om dit enkelgrootte by Foam Centre te laat sny. Die eienares het die oopmaakklokkie gedruk en my ingelaat. Na vriendelike en beleefde gegroet het ek gevra of hulle sponsmatrasse op mate sny. Sy het bevestigend geantwoord en verneem of die oortreksel nog daar is.

Dit was nie meer daar nie maar ek het haar deur die groot venster gewys waar die matras bo-op die kombi-sitplekke gelê het. Sy het gevra dat ek dit moes inbring.

Intussen het ’n ander kliënt voor my die winkel betree. Terwyl die eienares besig was met haar, het sy haar werker gevra om my te help.

Ons het die grootte bespreek en net voor sy kon sny, het die eienares ongeërg, onbeskof, onbeleefd en diskriminerend voor die kliënt my meegedeel dat sy nie vuil sponsmatrasse sny nie.

Ek het haar vriendelik meegedeel dat ek wel moeite gedoen het om dit skoon te maak.

Sy het egter voortgegaan om beledigend, onbeskof, onvriendelik en diskriminerend voor die ander kliënt en twee kinders te praat en het geweier om die sponsmatras te sny.

Ek het haar gevra of sy my nou beledig en het sleg gevoel oor haar onprofessionle optrede. Die arme werker het skaam en sprakeloos eenkant gestaan.

Ek het die matras geneem, in my kombi gelaai en na ’n ander plek gegaan en gevra of dit vuil is, of hulle dit kan sny en oortrek.

Hulle het bevestig dat dit nie vuil is nie en my selfs gewys hoe sommige ander kliënte se spons en matrasse lyk, maar dat dit hul werk is om almal te help.

Ek voel dat sy beledigend en diskriminerend teenoor my as professionele persoon voor ander kliënte en kinders opgetree het.

Ernest Johannes

Annette du Plessis van Foam Centre antwoord: Ons neem kennis van die skrywe, maar die weergawe weerspieël nie die volle waarheid nie.
Vir 21 jaar streef ons daarna om die beste moontlike advies en diens teen mededingende pryse aan die publiek te bied.
Vir enige sakeonderneming om te bly voortbestaan in hierdie kompeterende tye, is dit uiters noodsaaklik om ’n bewese sakeplan te hê.
Die besluit daarin vervat moet konsekwent toegepas word. Een van ons doelwitte is om ’n skoon, higiëniese en aangename werksomgewing vir ons lojale personeel te bied. Daarom dat ons nie verweerde, onhigiëniese spons in die winkel inneem nie.
’n Winkelassistent het bevraagteken of sy wel die betrokke matras mag opsny; dit bewys die konsekwentheid met toepassing van ons reëls.
Ons personeel is opgeleide vakmanne en winkelassistente en nie net “werkers” nie.
Dit is elke firma se demokratiese reg om te doen op sy perseel wat hom/haar die beste pas.
Dit is jammer dat na 12 jaar se “nasiebou”, kleur



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za