Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonner van die Jaar

Wellingtonner van die Jaar
 
2006-09-28


DIE bekende Wellingtonse boer wat voorverlede jaar oorlede is, Jan Orffer, is postuum deur die plaaslike Rapportryerskorps aangewys as Wellingtonner van die Jaar vir 2006.

Die toekenning is verlede Woensdagaand op ‘n glansgeleentheid in die saal van die Hugenote Hoërskool aan Elize, Jan Orffer se weduwee, oorhandig. Die bekende rolstoelatleet Ernst van Dyk was die genooide spreker by die geleentheid.

Wyle Jan Orffer het oor die jare diep spore op talle terreine in die Wellingtonse samelewing getrap.

Hy was altesaam twaalf jaar betrokke by die destydse Afdelingsraad en die Landelike Raad waar hy na die belange van die plattelandse gemeenskap omgesien het.

Hy was betrokke by die Boerevereniging as lid en het die Vereniging later verteenwoordig as benoemde op die Afdelingsraad sowel as die Landelike Raad.

Hy het ook vier jaar lank as sekretaris en twee jaar as voorsitter van die Boerevereniging gedien. Hy het ook op boerdery-gebied presteer deurdat hy die Direkteurstrofee van die Westelike Pro-vinsie Koöperatiewe Tabakkwekersvereniging verwerf het.

As voorsitter van die Wellingtonse Ver-houdingskomitee het hy ‘n leidende rol gespeel en die grondslag gelę vir ‘n beter wedersydse verstandhouding tussen die verskillende groepe op Wellington.

Sy betrokkenheid het veel verder gestrek as die landbougebied.

Hy was op 16 Oktober 1975 een van die stigterslede van die Wellington Museumonder-steuners-vereniging en later ook bestuurslid en voorsitter van die vereniging, wat sedert 1985 bekend staan as die Vriende van die Museum.

Hy beywer hom gedurende hierdie tyd vir die totstandkoming van een van die ideale van die Wellingtonse gemeenskap, ‘n eie museum, wat op 1 Desember 1976 ‘n werklikheid word.

Hy het dan ook gedien as benoemde van die Afdelings- en Landelike rade op die Raad van Trustees van die Museum.

Hy was ook veertig jaar betrokke by die Rapportryers en het in dié tyd as sekretaris en as voorsitter gedien.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za