Stokkiesdraaifees op Wellington word groot
2005-04-28
WELLINGTON se Stokkiesdraaifees het in sy derde jaar nou groot geword, en selfs 'n wins getoon.
Die nuwe voorsitter van die Stokkiesdraaifees, Max van der Wath, en Linda-Marié le Roux (2004 Uitvoerende Direkteur) het vandeesweek uit die wins 'n skenking van R2000 aan die Paarl Post Opelugfonds te maak.
In sy eerste twee jaar (2002 en 2003) het die fees so natgereën het dat verskeie kommentators hul medelye met die feesorganiseerders uitgespreek het.
Die fees het ook gevoelige finansiële verliese gely en moes in 2002 ongeveer R50,000 en in 2003 ongeveer R67,000 afskryf as verliese.
Die direksie onder leiding van Cobus Smith en bekende figure soos burgemeester Herman Bailey, Conrad Sidego, Gert Roux en feesdirekteur Le Roux het egter nooit geloof in die projek verloor nie en vasgebyt.
“Ons geduldige bankiers was daar in ons tyd van nood,” sê Van der Wath.
“Daarom is dit vanjaar soveel te meer lekker om aan te kondig dat ons die verliese van die verlede uitgewis het en na hierdie beskeie skenking so R7 000 se kapitaal oor het om by te dra tot vanjaar se fees in Oktober.
Die Stokkiesdraai Kunstefees is ‘n maatskappy sonder winsoogmerk. Dit beteken dat alle winste teruggeploeg word vir: * Die bevordering van die kunste, ontwikkeling van kunstenaarstalent en fasiliteite. * Die bevordering van Wellington as bestemming. * Die samesnoering van die gemeenskap. * Die skep van geleenthede vir alle plaaslike skole en organisasies om hul fondse aan te vul om hul onderskeie aktiwiteite te befonds.
"Die fees word gebou om die gemeenskap vir die gemeenskap, sê van der Wath.
"Vanjaar se fees beloof nog groter en beter te wees.
"Suzette Riedel, nuwe uitvoerende direkteur, is reeds ver gevorderd met die kontraktering van kwaliteit kunstenaars en interessante aktiwiteite. Belangstellendes is nou reeds welkom om met haar te skakel."
More
News
|