Verstaan depressie en angs
2006-10-05
DIE volgende byeenkoms van die depressie- en angsondersteuningsgroep vind plaas op Maandag 16 Oktober om 19:00 in die opleidingslokaal van die Paarl Medi-Kliniek.
Daar sal gefokus word op die hantering van depressie en angs.
Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser en Sonja Labuschagne en bywoning is gratis.
Vir meer besonderhede, skakel Jean of Petal by 872-9146.
More
News
|