Diabete vergader
2006-10-05
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep vergader weer op Woensdag 18 Oktober om 19:00 in die Holy Trinity-saal, Hoofstraat, Paarl.
Etikettering (‘label reading’) is die onderwerp wat Nonnie Vorster sal bespreek.
Dit is belangrik vir diabete om in pas te kom met die verskeidenheid voedselitems en om die regte keuses te maak. Geen voedselsoort hoef taboe te wees nie, jy moet net reg kies.
Alle diabete en belangstellendes is welkom om die vergaderings, wat elke derde Woensdag van die maand plaasvind, gratis by te woon.
Die jaarprogram sluit op 15 November met ’n ope dag.
Navrae by suster Kamaretha Beckert, 871-1808.
More
News
|