Seminaar oor bediening
2006-10-05
’n SEMINAAR word die naweek deur pastoor Piet Truter van die Rabboeni Bybelkollege aangebied by Lewende Wingerd Bedieninge in die kapel op Zanddrift Vineyards, oorkant Boschenmeer.
Die tema is “Deelgenootskap met God” (“Communion with God”). Lewende Wingerd Bedieninge het sy ontstaan op 12 Maart gehad in die kapel op Zanddrift. Pastoor Dirk Scott gee die leiding. Saam met hom is sy vrou Riana, en Nicole.
Lewende Woord Bedieninge van pastoor Nevil en Rina Norden in Pretoria het vaderskap aanvaar vir Lewende Wingerd Bedieninge.
Die naweek se seminaar begin môreaand van 18:30 tot 21:00. Saterdag is dit van 09:00 tot 14:00 en Sondag om 10:00 neem pastoor Truter die diens waar ter samevatting.
Die koste is R50. Navrae by past Dirk Scott (083-563-2711), Riana Scott (872-7980 of 082-772-2300) of past Truter (073-920-5389).
Besoek ook die webtuiste by www.christianleadershipuniversaty.com.
* Barbara Claassen van Prophetic Breakthrough Ministries het ’n profetiese bediening en bied ’n aand aan oor Drome en Visioene, en hoe God met ons daardeur kan praat. Dit is Woensdag om 19:00, in die kapel van Lewende Wingerd Bedieninge.
More
News
|