San-Mere sing
2006-10-05
’n BEKENDE in plaaslike sangkringe, San-Mere Bester, tree Saterdagaand van 20:00 tot laat by die Crown Bar in Hoofstraat, Paarl, op.
Sy het onlangs van Engeland af teruggekeer, waar sy ook gereeld opgetree het.
San-Mere het SA-kleure in sang en het al by verskeie feeste opgetree.
Die optrede Saterdag sal baie informeel wees en die tipe musiek wat gesing gaan word sal wissel van Country tot Pop, en Rock. Toegang is gratis.
San-Mere het les geneem by wyle Andrew Strauss en het na ’n lang afwesigheid besluit om weer te sing. Sy hoop om binnekort haar eerste CD uit te reik.
More
News
|