Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sweedse koor op Franschhoek

Sweedse koor op Franschhoek
 
2006-10-05


DIE bekende Cappella Catharinae kerkkoor van Stockholm, Swede, tree Saterdag om 19:00 by La Motte Wynlandgoed buite Franschhoek op.

Die koor se program bestaan uit twee dele: gedurende die eerste helfte sing hulle gewyde koorwerke vanoor die wêreld wat verskeie style en komponiste verteenwoordig, onder andere Hans Hassler, Frank Martin, Duke Elington en August Söderman.

Die tweede helfte illustreer die ryk Sweedse koortradisie met sekulêre werke deur van die voorste Sweedse komponiste en verwerkings van ’n aantal volksliedere.

Kaartjies, wat ’n vingerete met uitgesoekte landgoedwyne insluit, is beskikbaar by Angela of Anneke, 876-3119.

* Die koor sing Sondag in die NG Kerk Franschhoek. Tydens die erediens om 09:30 sing hulle Sweedse gesange. Van 11:15 tot 12:00 gee hulle ’n uitvoering van klassieke werke en Sweedse volksliedere in die kerk. ’n Donasie ten bate van sopkombuise sal by die deur opgeneem word. Navrae by Karen 976-5353.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za