Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hugenote sing saam met Walliese mannekoor

Hugenote sing saam met Walliese mannekoor
 
2006-10-05


DIE bekende Kaapse Walliese Mannekoor tree Vrydagaand 13 Oktober by ‘n gala-aand op in die Simonsvlei Wynkelder saam met die dogterskoor van Hugenote Hoër.

Die entoesiastiese koorleier van Hugenote Hoër, Eunice Gildenhuys, is bekend vir haar kwaliteit-kore en die Walliese Mannekoor het geen bekendstelling nodig nie.

Gaste word ontvang met ‘n glasie sjerrie vooraf en pouse sal daar ‘n vingerete en wyn in die proelokaal bedien word.

Die konsert is deel van ‘n fondsinsameling vir die koor wat beoog om binne die volgende twee jaar aan die Internasionale Eisteddfod in Wallis deel te neem. Almal is welkom.

Kaartjies teen R100 verkoop by Simonsvlei en Hugenote Hoër.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za