Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'n Makietie vir perdeliefhebbers

'n Makietie vir perdeliefhebbers
 
2006-10-05


DIE Nasionale Trekperdfees 2006 gaan perde-entoesiaste trakteer met onder meer vertonings deur die grootste verskeidenheid perde- en ponierasse nog by ’n enkele geleentheid in die land, asook uitstallings en demonstrasies wat verwante vakmanskappe en erfenisaspekte insluit.

Die hooffees skakel in by die ‘Viering van die Perd en Wyn’ wat op 20 en 21 Oktober op die Nelson Wynlandgoed in die Agter-Paarl gehou word.

Die eerste dag word hoofsaaklik aan die jeug gewy, maar daar sal ook vertonings wees van 17 perde- en ponierasse, ’n simposium oor die rol van die trekperd in die landbousektor en ’n skuurdans.

Friesperde van die voorste stoeterye, sommige van sover as Gauteng en Noordwes, gaan vir aanskoulike vertonings sorg.

Tydens die hoofdag, Saterdag 21 Oktober, sal daar benewens ’n herhaling van die perdevertonings, ook ’n aanslag gemaak op die wêreldrekord vir die hantering van die meeste perde aan ’n lang lyn deur ’n enkele persoon.

Tradisionele Maleier-perde-items, ’n gimkanavertoning en perdesport-dissiplines soos die dryfkuns, dressering en gimnastiek op ’n perd is ook op die program.

Vir meer besonderhede oor die fees, skakel Eunice by 863-0397/082-808-1114, Hennie by 072-273-6042, Johan by 082-879-1100 (ná 18:00), of Alan by 083-953-4984. Besprekings vir die simposium (R200 per persoon) en die dinee-dans (R145 per persoon) by Belinda (869-8453).



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za