Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers moet beker uit Luiperds se kloue worstel

Kavaliers moet beker uit Luiperds se kloue worstel
 
2006-10-05


DAAR wag ’n harde stryd op die Boland Kavaliers wanneer hulle môreaand op Potchefstroom teen die Impala Luiperds te staan kom in die eindstryd van die Absa-beker.

Hoewel die Kavaliers Saterdag op Wellington die Arende 38-27 geklop het vir hul plek in die eindstryd was dit geensins ’n oortuigende vertoning nie.

Gebrekkige kombinasie en ondoeltreffende aanvalle het die Kavaliers se vertoning maar bra gemiddeld laat lyk.

Vroeg in die tweede helfte het die Arende 27-13 voorgeloop. Twee verdere drieë deur vleuel, Ryno Benjamin, om sy driekuns te voltooi asook die staatmaker-skopskoen van Jacques Schutte (losskakel), het die Kavaliers die kaiings uit die vuur help krap.

Daarteenoor het die Luiperds ’n verspot maklike 63-13 sege oor die OP behaal om so sy plek in die finaal te bespreek.

Kyk mens na die Kavaliers en Luiperds se vorige twee Absa-beker ontmoetings vanjaar, is dit duidelik dat daar min tussen die twee spanne te kies is.

Op 8 Julie het hulle op Olénpark 22-22 gelykop gespeel, terwyl die Kavaliers op Wellington nouliks baas was met 27-24.

Die voordeel van ’n tuiseindstryd is dus vanselfsprekend.

Die Kavaliers is daarby ook sonder sy vurige, raak-vat kaptein, Conrad Burke (haker), wat weens ’n ribbesering nie kan speel nie.

Burke se plek op haker is egter tydens Saterdag se halfeindstryd baie goed volgestaan deur Pieter Wium, en die speler van Wellington Rugbyklub behoort in Potch weer sy kant by te dra.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za