Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions, Peoples in Super 4 finaal

Albions, Peoples in Super 4 finaal
 
2006-10-05


DIE sesde jaarlikse Super 4 Rugbytoernooi het Vrydagaand op Daljosafat afgeskop, met die halfeindstryde van beide die o.9 en senior kompetisies.

Die junior spannetjies van Albions en Paarl Rangers het die aand se aksie begin, met Albions wat heeltemal te sterk was en 50-0 gewen het.

In die ander halfeindstryd het Young Gardens se o.9-span vir Peoples 20-0 afgestof.

Die senior kompetisie het om 19:00 afgeskop met Gardens en Peoples wat mekaar gepak het.

Gardens het vir die eerste 20 minute saamgesels en dit het gelyk of hulle vir Peoples kon verras.

Die Tiere het egter kalm gebly en met goeie samespel beheer oorgeneem.

Peoples het, met die haker, Garth Lewis, aan die spits hul teenstanders harde bene laat kou en uiteindelik 28-13 geseëvier.

Lewis, Francois Manuel (flank) en Barry Williams (skrumskakel) het Peoples se drieë gedruk. Die losskakel, Delwaine Cornelissen, het met drie strafdoele en ’n doelskop geslaag.

Vir Gardens het heelagter Tino Prins gedruk en sy eie drie verdoel, terwyl senter Randall George met twee strafdoele geslaag het.

In die hoofwedstryd het die skare skitterende derby-rugby gesien toe Albions en Paarl Rangers mekaar getakel het.

Rangers het sommer vroeg-vroeg gewys dat hy nie vir sy hoogaangeskrewe teenstanders gaan terugstaan nie en met mag en mening ingeklim.

Hulle het dan ook eerste punte aangeteken toe die kaptein en senter, Jamiel Ladouche, gaan druk het. Sy sentermaat, Eugene Collins, het verdoel om Rangers 7-0 te laat voorloop.

Albions het teruggeslaan toe losskakel Dominic Daniels, met ’n strafdoel slaag.

Net voor rustyd bars Albions se kaptein, Lincoln du Preez, oor die doellyn om Albions met die omdraaislag 8-7 voor te plaas.

Die tweede helfte is gekenmerk deur skitterende verdediging deur beide spanne, en Albions kon eers in die laaste minute die wendrie behaal toe die haker, Fuad February, gaan druk het. Daniels het verdoel om die eindtelling 15-7 te maak.

Môreaand word die eindstryde beslis en die program is: (18:00) o.9 plaatfinaal - Paarl Rangers t Peoples, o.9 bekerfinaal - Albions t Gardens, (19:00) Senior plaatfinaal - Young Gardens t Paarl Rangers, (20:45) vertoning deur Paarl trompoppieklub, (21:00) senior bekerfinaal - Albions t Young Peoples.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za