Luister na Myer
2005-04-28
DIE briljante jong Amerikaanse pianis, Spencer Myer, tree Saterdag 7 Mei om 20:00 in die Goodnow, Wellington, op en Sondag 8 Mei om 17:00 open hy die Nederburg Kamermusiekseisoen.
Spencer is die algehele wenner in die 2003 Unisa Internasionale Klavierkompetisie en toer tans deur die land.
Kaartjies vir die Goodnow is by die deur te koop. Werke van Gluck, Debussy, Barber en Liszt word gespeel.
By Nederburg speel hy Beethoven se Sonate in d mineur, op 31, no 2, Barber se Klaviersonate, Schumann se Variasies op die naam Abegg en Schumann se Davidsbündlertanze.
Kaartjies kos R125 en sluit ’n vinger-ete en Nederburg wyne in.
Bespreek by Irma by 809-8106, Magdel by 809-8345, of stuur ’n e-pos aan ialbers@distell.co.za.
More
News
|