Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalmuseum se hoof reis na Spanje

Taalmuseum se hoof reis na Spanje
 
2006-10-05


DIE hoof van die Afrikaanse Taalmuseum, Jack Louw, het onlangs na Spanje gereis op uitnodiging van die direkteur van Linguamón (Huis van Tale), Tony Mir.

Louw het Barcelona besoek vir ’n konferensie met die tema Museums in die 21ste eeu.

Tydens die konferensie ter beplanning van ’n nuwe museum van 4000 vierkante meter oor die tale van die węreld, het Louw saam met vier direkteure van museums in Brittanje, Finland, Switserland en Katalonië lesings gelewer oor taal as ontasbare kultuurerfenis.

Die doel met die geleentheid was om voorstelle en raad in te win oor hoe om die węreld se linguďstieke diversiteit in die beplande museum te bewaar en te ontwikkel.

Volgens Louw was dit opvallend hoe daar toenemend aandag gegee word aan ontasbare kultuur in museums.

Die Taalmuseum in die Paarl, alhoewel klein in vergelyking met die meeste museums, word as een van die leidende instansies in Suid-Afrika beskou in die veld van uitstallings oor ontasbare kultuur.

Die museum is geleë in Pastorielaan en kan gekontak word by 872-3441.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za