Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kampioen olyfolie plaaslik gemaak

Kampioen olyfolie plaaslik gemaak
 
2006-10-05


SUID-AFRIKA se puikste olyfolie kom van die Boland in die Wes-Kaap.

Waterfall River Farm het twintig teenstanders in die Ekstra Suiwer Olyfoliekompetisie die loef afgesteek deur met die kampioenskapstrofee weg te stap vir ‘n olie gemaak van hul eerste oes.

Die uitslae van die eerste SA Olive Toekennings is Donderdag tydens ‘n galadinee by Laborie in die Paarl bekend gemaak.

Wenners is in drie kategorieë aangewys: Ekstra Suiwer Olyfolie, Tafelolywe en Presteerder van die Jaar.

Volgens die organiseerders, SA Olive, is dit die eerste keer dat die produsente van tafelolywe mekaar in ‘n plaaslike kompetisie aandurf en ook die eerste keer dat ‘n persoon of liggaam vir sy of haar bydrae vereer is.

Richard en Silvana Atkinson van Waterfall River Farm het weggestap met die Consol trofee vir Beste Ekstra Suiwer Olyfoile. Die wen-olie, gemaak van olywe uit hul organiese olyfboord, is ‘n versnit van Frantoio, Leccino en Coratina en is beskryf as “baie goed gebalanseerd met volop olyf-vrugtigheid in die aroma”.

Morgenster se groen Nocellara olywe het die Alfa Laval trofee verower vir Beste Tafelolywe ingeskryf vir die kompetisie.

Die SA Olive Presteerder van die Jaar toekenning is toegeken aan Gerrie Duvenage, wat reeds 17 jaar lank by die plaaslike bedryf betrokke is.

Erkenning is aan Duvenage gegee vir die deurslaggewende rol wat hy in alle aspekte van die olyfbedryf speel en die betekenisvolle bydraes wat hy tot elke segment van die waardeketting maak.

Nóg ‘n Franschhoekse produsent, The Franschhoek Olive Oil Company en die Hillcrest-landgoed naby Durbanville het daarin geslaag om goue medaljes vir hul olies te verower.

Morgenster-landgoed van Somerset-Wes, The Olive Shed op Tokara naby Stellenbosch en Olyfberg-El Olivar van Eilandia in die Breederiviervallei het elk ‘n silwer losgeslaan.

Slegs ekstra suiwer olyfolies is toegelaat en olyfolies wat meer as 75% behaal het, is met goud bekroon en dié bo 70% het silwer gekry.

“Die algehele kwaliteit van die inskrywings was uitstekend en om dié hoë standaard van uitnemendheid te handhaaf, is daar besluit om slegs goud en silwer toekennings te oorweeg,” sê Linda Costa, sameroeper van die proepaneel.

Met die Absa SA Olive Presteerder van die Jaar toekenning, het SA Olive – die amptelike liggaam wat die Suid-Afrikaanse olyfbedryf verteenwoordig – erkenning gegee aan individue wat ‘n positiewe bydrae tot die plaaslike bedryf gebring het.

SA Olive voorsitter, Andries Rabie, sê dat die vereniging se doelwit is om te verseker dat Suid-Afrikaanse vervaardigers strewe om tafelolywe en olyfolie van wêreldklas kwaliteit te produseer om
sodoende ‘n posisie in die uitvoermark te verseker.



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za