Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gee aandag, alle klaviereienaars

Gee aandag, alle klaviereienaars
 
2005-04-28


U KLAVIER is ‘n baie delikate en duursame instrument en dus kan u nie toelaat dat die instrument tot niet gaan van staan nie.

Daar is baie mense wat van huis tot huis loop en vra om klaviere te stem en dan gebruik hulle ander firmas wat nie eens bestaan nie, asook mede-klavierstemmers, se name net om werk te kan bekom.

Die beste raad wat ek vir enige klaviereienaar kan gee, is om eers die betrokke firma of persoon wie se naam gebruik word as referent te kontak (bel) om uit te vind of die stemmer wat by u huis is weet wat hy doen.

Daar is ook ‘n vereniging vir professionele klavierstemmers gestig.
Elke lid wat daaraan behoort en wat ledegeld betaal het, is in besit van ‘n identiteitskaart wat hy behoort te dra waarop sy foto verskyn asook sy lidmaatskapnommer en ‘n vervaldatum.

Sulke mense kan u gerus gebruik om u klavier te stem en te herstel of kontak u naaste gekwalifiseerde klavierstemmer.

Dit is raadsaam om u klavier gereeld te laat stem omdat temperatuurwisseling ook ‘n groot rol in ‘n waardevolle besitting speel.
‘n Klavier moet ook nie in ‘n direkte trek staan nie, soos in ‘n gang of voor ‘n kaggel nie, omdat die temperatuurveranderinge baie is.

As ‘n klavier nie gebruik word nie en hy lank staan, is daar ‘n kans vir motte en muise om in die klavier te kom en baie groot skade te veroorsaak wat u duur kan kos.

Groot herstelwerk kan soms meer as R3000 kos afhangende van die hoeveelheid skade.

Hendrik Esterhuyzen (Kathu)



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za