Lifestyle Diary
2006-10-12
Goatshed: Celebrate the arrival of summer with an evening of warm hospitality, Fairview Wines and venison dishes at the Goatshed restaurant on Fairview Wine and Cheese Estate tomorrow at 19:00. For reservations and directions, contact The Goatshed on 863-3609.
Karnaval: Voorberg Korrektiewe Dienste se jaarlikse karnaval vind van 2 tot 4 November op Porterville plaas. Idol Karin Kortje tree die Donderdag om 18:00 op die Monthe Berthe-rugbyveld op, terwyl DJ Hilton die Vrydag en Saterdag disko speel. Daar is ook stalletjies, ’n vuurwerkvertoning, ’n Hip Hop-dansvertoning, ’n babakompetisie, karaoke en vele meer. Navrae by W Doman, (022) 931-8026.
Nagwedloop: Deetlefs Landgoed naby Rawsonville hou môre om 18:30 ’n wedloop oor 5km en 10km. Registrasie by Deetlefs van 16:00 af. Twee waterpunte en ses wynpunte. Vermaak deur Stanislav Anguelov. Spitbraai - besprekings noodsaaklik. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Deetlefs Landgoed of op die webwerf: www.breedekloof.co.za.
Kos en wynproe: Saterdag word ’n kos en wynproe deur Tony Schreiber van Manuka aangebied in die proelokaal van Deetlefs Landgoed naby Rawsonville. Daar is drie sessies (09:30, 10:30 en 12:30), elk met ’n maksimum van 30 mense. Tel 023-349-1260 of e-pos: info@deetlefs.com.
Stalletjies: Besighede of die publiek wat belang stel om stalletjies by ’n pretdag ten bate van die Dierebeskermingsverenigingsdag wil hê, kan nou bespreek. Die SPCA Walkathon word vir 18 November beplan. Staanplek is R100 per stalletjie (vir goedere, produkte of verversings) vir die dag en kan by Hessie of Annelise van die Vetshop (863-1008) by Vineyard Spar bespreek word.
More
News
|