Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vyf vas oor wieldoppe

Vyf vas oor wieldoppe
 
2006-10-12


'n VERMEENDE sindikaat diewe is die afgelope naweek vasgetrek nadat die polisie inligting ontvang het oor wieldoppe wat by Renault se vertoonkamer in Suider-Paarl verdwyn het.

Stefan de Jager (21), Oriet Hugo (30), Francois Visser (19), Nico Visser (24) en Marindi Visser (20), almal van die Paarl, is in verband met die diefstal van die wieldoppe gearresteer.

Dit is nou vasgestel dat al vyf dié persone verbind word met nog vyf ander sake van huisbraak en diefstal vanuit motorvoertuie.

Almal het in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat, behalwe vir De Jager wat reeds verskeie kere in hegtenis geneem is vir diefstal. Hy verskyn weer Maandag in die Paarl Landdroshof.

’n Klopjag is verlede week deur die polisie uitgevoer op die huis in Nuwe Vleistraat waar Hugo woon, nadat die polisie inligting ontvang het dat Tik vermoedelik daar vervaardig word.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za