Twee vas na roof by Dros
2006-10-12
TWEE mans is die afgelope week in hegtenis geneem in verband met 地 gewapende roof by die Dros restaurant in Suider-Paarl.
Die Dros is omstreeks 地 maand gelede deur drie mans van meer as R7000 beroof.
地 Lid van die personeel is oorval toe hy op 地 Sondagaand vullis uitgedra het by die goedere-ingang op die onderste verdieping van die gebou.
Die bestuurder van die restaurant was in 地 kantoor besig op die onderste verdieping, toe hy deur die mans oorval en beroof is. Die rowers het ontsnap sonder dat enigiemand beseer is.
Nadat die polisie leidrade opgevolg het, is twee Kongolese, Jack Lunganga en Kaloji Coftakolela, in Kaapstad in hegtenis geneem. Nog 地 verdogte word gesoek in verband met die roof.
More
News
|