Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


DA vra ondersoek na raadslid oor salaris

DA vra ondersoek na raadslid oor salaris
 
2006-10-12


DIE DA in die Drakenstein stadsraad het Dinsdag ’n versoek by die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Bestuur, Richard Dyantyi, en die Drakenstein Speaker, Sikhumbuzo Mgajo, ingedien om ’n oortreding van die gedragskode vir raadslede te ondersoek.

Die klagte gaan oor raadslid Arthob Petersen, voltydse raadslid van Drakenstein sedert Junie 2003.

Die DA se probleem is dat Petersen in dié tyd ook kontraktueel in diens was by die SA Rugbyunie, onder meer as bestuurder van die Springbokke.

“Dit wil voorkom asof raadslid Petersen kontraktueel verbind was om ses maande van ’n jaar in die voltydse diens van SARU of sy filiale te wees,” skryf die DA in hulle memorandum.

Die Munisipale Stelselswet bepaal dat ’n voltydse raadslid nie enige ander betaalde werk mag hê nie, behalwe met die toestemming van die stadsraad (wat nie onredelik weerhou sal word nie).

Volgens die DA kon hulle geen bewyse vind dat sodanige toestemming wel gegee is nie.

Hulle vra nou die Minister om ’n komitee aan te stel om die kwessie te ondersoek.

Verder versoek hulle dat, sou daar bevind word dat hy wel twee salarisse verdien het, hy minstens ses maande se raadstoelaes moet terugbetaal vir elke termyn wat die SARU-kontrak gelyk geloop het met sy termyn as voltydse raadslid.

Ook dat die ondersoekkomitee gemagtig word, indien hy skuldig is, om hom permanent of tydelik te skors as raadslid.

Die memorandum is onderteken deur die DA, die WCC, FP, ACDP en die Vryheidsfront Plus in die stadsraad.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za