Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raak só betrokke

Raak só betrokke
 
2006-10-12


’n WELLINGTONNER het onlangs twee boeke oor MIV en Vigs die lig laat sien.

Dr Sam Pick, bestuurder van die Vigs Trust van die Christelike Lektuurfonds, is ’n gesoute skrywer met ’n eerste boek oor die pad vorentoe vir die kerk, wat al in Engels vertaal is.

Sy nuutste boeke is “Raak vandag betrokke”, ’n praktiese handleiding vir gemeentes om op grondvlak by MIV en Vigs betrokke te raak, en “pastorale berading”, ’n uitreiking na mense wat met MIV en Vigs leef.

Tussen 5,5 en 6 miljoen mense in Suid-Afirka is op die oomblik geďnfekteer, vertel dr Pick: “Elke twee sekondes word daar nog iemand by dié statistiek gevoeg.

“Daar sterf 300 000 mense per jaar aan Vigs-verwante siektes. Die meeste geďnfekteerdes is meisies tussen 18 en 24 jaar - ’n hele 60%.

“Hulle kans om die virus op te doen, is vier keer groter as by seuns.”
Die meeste sterfgevalle is by kinders onder vyf jaar.

Dr Pick sę vandat die virus 25 jaar gelede geďdentifiseer is, is 65 miljoen mense węreldwyd geďnfekteer en het 25 miljoen gesterf aan Vigsverwante siektes.

“Verlede jaar alleen is 4,1 mense geďnfekteer en die dodetal was 2,8 miljoen.”

Die twee boeke wat hy geskryf het, is veral gerig op pastorale bediening en as handleiding vir kerke om betrokke te raak by die pandemie.

Dit is beskikbaar teen R25 van die Christelike Lektuur Fonds (CLF), Privaatsak X19, Wellington 7655 of skakel 873-6954. CLF het onlangs na die Nywerheidspark buite Wellington verskuif.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za