Kerk hou karnaval
2006-10-12
DIE VGK Immanuel in Paarl bied op 17 en 18 November hulle karnaval op die Daljosafat stadion in die Paarl aan.
Die twee dae beloof om groot pret te wees met ’n mallemeuele, ’n vuurwerkvertoning, lugduik, ’n motorvertoning, ‘sound off’ en optredes deur verskeie kunstenaars.
Daar sal heelwat stalletjies ook wees en mense wat belang stel, kan 862-6666 skakel.
Enige persoon of groep wat belang stel om te dans of te sing of ander talente ten toon te stel, kan 082-409-8639 skakel.
More
News
|