Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Keur van konserte by Simonsvlei

Keur van konserte by Simonsvlei
 
2006-10-12


DIE bekende Kaapse Walliese Mannekoor tree môreaand by ‘n gala-aand op in die Simonsvlei Wynkelder saam met die meisiekoor van Hugenote Hoër.

Die koorleier van Hugenote Hoër, Eunice Gildenhuys, is bekend vir haar kwaliteit-kore en die Walliese Mannekoor het geen bekendstelling nodig nie.

Gaste word ontvang met ‘n glasie sjerrie vooraf en tydens pouse sal daar ‘n keurige vingerete en wyn in die proelokaal bedien word.

Die konsert is deel van ‘n fondsinsameling vir die koor wat beoog om binne die volgende twee jaar aan die Internasionale Eisteddfod in Wallis deel te neem. Almal is welkom.

Kaartjies word teen R100 verkoop by Simonsvlei, asook by Hugenote Hoër.

* Op 22 November tree Hano & Vriende by Simonsvlei op met A Groovy Kind of Jazz en op 30 November is Jak de Priester daar. Besprekings: Lynette Griessel, 082-418-4748 of info@simonsvlei.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za